Voetsporespan in Hoekwil in Junie
Van Cassablanca tot die Kaap…en nou Hoekwil.
Laat reisverhale jou voete jik en jou hart verlang na vreemde plekke? En hou jy van kamp? Dan moet jy seker maak jy is by wanneer Stefan Sonnekus, kameraman en fotograaf van TV se geliefde Voetspore-reisreeks, op Hoekwil kom kuier.
Stefan het ingestem om op 8 Junie ‘n skyfievertoning aan te bied en sy en die voetsporespan se avonture met ons te kom deel.
Daar gaan kampvure wees, kos en uitstallers van kamp- en 4 x 4-produkte, bybehore en boeke.
Elkeen sal ‘n beurt kan kry om Stefan uit te vra oor fotografie; Kilimandjaro ; hoe die verskillende voertuie wat gebruik is, gevaar het in woestynomstandighede en nog vele meer…
Kaartjies :
- R60 vir volwassenes
- R20 vir laerskoolkinders.
- Kinders onder 6 mag gratis.
Jou kaartjie sluit in :
- Toegang tot die skyfievertoning en vertelling.
- Toeging tot die uitstallings.
- ‘N glasie Bonnievale Cape Ruby Port (kenners sê mens kan sjokolade, mokka en bessies daarin proe – njam.)
- soveel sop en broodjies wat jy kan eet
- ‘n soetigheidjie en ‘n lekker koppie kampkoffie
Die kos en vure sal van 6 nm reg wees; die skyfievertoning begin 6:45 nm….en ons kuier tot laat.
Brink asseblief jou kamp-eetstel, sopbord en koffiebeker; en jou piekniekkombers of kampstoele. Ons verskaf vuur en musiek en goeie geselskap. Ons waarborg dat jy van alle werkstres ontslae gaan raak en heerlik gaan kuier. Onthou om Ouma en Oupa ook in te pak!“.
- Navrae: Heidi – 073 1600 802 / 044 356 2626
- Besprekings: Hoekwil Laerkool – 044 850 1079 (soggens)
- Kaartjies te koop by :South Cape Flowers in Knysnaweg; BuildIt in Sedgefield of by die Village Shop in Hoekwil.